Ware Avontuur met die nuwe Africa Twin

Ware Avontuur. In die komende paar maande sal die twee woorde, wat die nuwe Honda Africa Twin heel toepaslik beskryf, ‘n hele nuwe voorkoms bied in die oë van elke liewe avontuur brom beer. Dit in afwagting wanneer Quest-True Adventure onthul word.

Maar wat is Honda se Quest-True Adventure? Dit is eenvoudig die top avontuur-motorfiets uitdaging, met 20 gekeurde brom bere op 20 spesiaal voorbereide Honda Africa Twin-avontuurmotorfietse, wat uitloop op ‘n uitdagende 12 dae, 2800 km-gebeurtenis iewers in Namibië.

Bliksem, dit klink vrek lekker!

Honda het “Quest” as ‘n toegewyde bemarkingsplatform gekies om die hardwerkende, verfyning en markleierskap van die Africa Twin te illustreer.

Mense sal inskrywingsaansoeke vir Quest by hul naaste Honda-handelaar in Suid-Afrika en Namibië kan indien, waarna 40 semi-finaliste gekies sal word om ‘n Boot Camp, of keuringsfase, by te woon. Honda se strategiese vennoot in Quest is Specialised Adventures, ‘n maatskappy met ‘n trotse rekord van die beplanning en uitvoering van uiterste kompetisies van hierdie aard.

“Ons is nie op soek na enduro-racers of die volgende Dakar-wenner nie,” het Hardy de Kock, besturende direkteur van Specialised Adventures, gesê. “Die besluit oor wie uiteindelik sal deelneem, sal gebaseer word op deelnemers se aptyt vir avontuur, hul bereidwilligheid om te leer en aanpas, hul vermoë om in ‘n spanomgewing te funksioneer, sowel as hul sielkundige dapperheid onder druk.”

Aan die einde van die Boot Camp sal die 20 finaliste aangekondig word. Hulle sal dan begin September na Namibië gevlieg word om deel te neem aan hierdie veelverwagte Quest-True Adventure.

Terwyl die presiese ligging ‘n geheim bly totdat die Quest-True Adventure begin, sal die deelnemers geëvalueer word op vaardighede soos hul meganiese instandhouding en herstelvermoëns; asook hoe hulle uitdagings hanteer soos waarneming vaardighede, uitdagende terrein, uithouritte, navigasie oefeninge en toetse wat ontwerp is om hul vermoë om te improviseer en aan te pas by te staan.

Meer inligting oor die Honda Quest-True Adventure, sal binnekort in die media verskyn. Maak seker jy mis nie die geleentheid om deel te neem aan hierdie alle-uitgawes-gedek, eenkeer in ‘n leeftyd avontuur!

Vir media navrae, kontak:
Jaco Kirsten, Mediabestuurder, Specialised Adventures by: jaco.kirsten@specialisedadventures.com