Jy sien my nie

Ek het gesien hoe jy jou kind nader trek toe ek by julle verby stap
Maar jy het my nie gesien toe ek as Kersvader kinders laat glimlag het by die Toy Run nie

Ek het gesien hoe jy jou gesig trek en omdraai by die winkel toe jy my sien
Maar jy het my nie gesien toe ek help geld insamel vir slagoffers van kinder mishandeling nie

Ek het gesien hoe jy jou motor venster opdraai en jou kop skud toe ek verby ry
Maar jy het my nie gesien agter jou ry toe jy jou sigaret uit die venster uitgooi nie

Ek sien hoe jy na my frons toe ek vir jou kinders waai en verby ry
Maar jy het my nie gesien toe ek afvat by die werk om kos aan te ry na ‘n ouetehuis nie

Ek sie hoe jy na my hare gluur
Maar jy het my nie gesien toe ek en my vriende ons hare afsny vir kanker nie

Ek sien hoe jy jou oë rol toe jy na my ry klere kyk
Maar jy het my nie gesien to ek en my vriende klere skenk vir hawelose ouers nie

Ek sien hoe gril jy vir my tattoos
Maar jy het my nie gesien toe ek huil met die geboorte van my kinders, en hulle name op my laat skryf nie

Ek sien hoe jy baan verander met ‘n foon in jou hand
Maar jy het my nie gesien ry na my huis toe nie

Ek het jou gehoor kla oor hoe raserig motorfietse is
Maar jy het my nie gesien toe jy in jou handsak skarrel en in my baan in beweeg nie

Ek het jou gesien skree op jou kinders
Maar jy het my nie gesien my dogter op haar been tik om te verseker sy is veilig nie

Ek het jou gesien karring met jou GPS terwyl jy in die straat afry
Maar jy het my nie gesien toe my vrou my ‘n lekker drukkie gee van agter af nie

Ek het gesien hoe jy in die reën jaag
Maar jy het my nie gesien papnat en koud sodat my seun die kar kan gebruik nie

Ek het gesien hoe jy deur ‘n geel lig ry net om ‘n paar minute te spaar
Maar jy het my nie gesien toe ek regs wou draai nie

Ek het gesien hoe jy my afsny om die afrit te vat
Maar jy het my nie gesien die pad verlaat nie

Ek het gesien hoe ongeduldig jy wag vir my vriende om verby te kom
Maar jy het my nie gesien nie – ek was nie daar nie

Ek sien hoe jy veilig by jou huis en gesin aankom
Maar jy het my nie gesien nie, want ek het dood verongeluk toe jy my afgesny het

Ek was maar net ‘n biker – ‘n persoon met vriende en familie
Maar jy het my nie gesien nie!