Afrika Bike Week 2017

buffalo-cityVir die negende agtereenvolgende jaar, bied Harley-Davidson-Afrika die grootste gratis motorfiets byeenkoms in Suid-Afrika aan – Afrika Bike Week ™ 2017. Die geleentheid vind plaas in Oos-Londen, vanaf Donderdag 27 April tot Sondag 30 April 2017. Ja, ‘n heel nuwe plekkie by die see.
Vermaak sal ‘n belangrike hoogtepunt vir Afrika Bike Week 2017 wees, met lewendige optredes deur ‘n magdom van top bands en kunstenaars wees.
Ander hoogtepunte van die byeenkomst sluit in die grootste massa rit in Afrika, uitstallings van die nuutste Harley-Davidson motorfietse, gratis toets ritte, wêreldklas stunt shows, persoonlike fiets programme en vele ander opwindende aktiwiteite vir Harley® eienaars, entoesiaste, en families.
Africa Bike Week 2017Nog iets nuut – die publiek staan ‘n kans om ‘n splinternuwe Harley-Davidson motorfiets te wen wanneer jy vooruit en oplein registreer om Afrika Bike Week ™ 2017 by te woon.
Soos in verlede is Afrika Bike Week oop vir alle Harley-Davidson-ryers en entoesiaste, ryers van alle motorfiets handelsmerke, sowel as al die ander besoekers. Ry om pret te hê, geniet ‘n groot geleentheid, bewonder al die bikes op die hoof Kusweg, ontmoet ou vriende en maak nuwe vriende.
Boekmerk die langnaweek datums en sluit aan by Harley-Davidson vir nog ‘n ikoniese gebeurtenis in Oos-Londen!
Vir meer inligting besoek www.africabikeweek.com