Daarshy nou!


Dit is lekker om motorfiets te ry of wat sê jy?

Hein JonkerHier by Gooi Mielies streef ons na die vryheid om ‘n ysterperd te kan ry in ons mooi land, en ons ondervindinge en stories met die wêreld te deel. Nou dit is presies wat jy hier gaan kry – stories van brom bere soos ek en jy, wat die land vrot ry opsoek na die perfekte rit.

As jy ‘n storie het om te vertel, dan is jy op die regte plek. Hier wil ons hê jy moet deel wees van die groot storie boek; die plek waar jy jou rit, toer, ontbyt lopie, noue ontkoming of ervaring met ons deel… in Afrikaans!

Hoekom “Gooi Mielies”? Wel dit is ‘n gunsteling gesegde van my as ek gaan motorfiets ry, of vir iemand sê hy of sy moet lekker ry. Die idee het onlangs by my op gekom gedurende ‘n twee-dae toer in die Kaap, en hier is die produk van my malligheid. Geniet dit saam met ons!


Hoe werk dit?

As jy ‘n eenmalige bydrae wil lewer, stuur gerus jou Storie of Nuusbrokkie per ePos en ons sal dit namens jou publiseer.

As jy ‘n gereelde bydrae wil lewer, maak asseblief kontak met Hein sodat hy jou kan toegang gee en touwys maak om self te publiseer.

Ons span sal met graagte na jou storie kyk en dit op die Storie of Nuus -blad gooi vir almal om te geniet.

Alle artikels moet in Microsoft Word verskaf word, in goeie Afrikaans met ‘n vars skryfstyl, en ook met die nodige foto’s in JPEG formaat teen ‘n redelike kwaliteit.